Article information
Author
Senwes
Source
info@senwes.co.za 
Classification
Algemeen
Views
751 
Article Tags

young-farmers eScenario congress

Georganiseerde landbou vereer jongboere
Senwes  | 19 Mei 2012

Agri NW en Vrystaat Landbou het beide die top-jongboere van 2012 tydens hul onderskeie Jongboerkonferensies in April aangekondig.



Gideon van Zyl, wat op Buckshee in die Vryburg-omgewing boer, is deur Agri NW as hul wenner-jongboer aangewys. Sy boerderyvertakkings bestaan uit ‘n aantal stoetboerderye, insluitend Brahmane, Afrisims, Afrikaners en Simbra’s . Verder boer hy ook met ‘n kommersiële kudde beeste.

Vrystaat Landbou het Hendri Jansen van Rensburg gekroon as hul Jongboer van die Jaar. Hendri boer op die plaas Stoffelsrust naby Warden. Sy boerdery bestaan uit mielies (50%), sojabone (30%) en vleisbeeste (20%).

Georganiseerde landbou sal alle provinsiale unies se wenners beoordeel ten einde ‘n algehele jongboer-wenner aan te kondig tydens die Agri SA kongres later vanjaar.

Senwes, wat ook as borg vir die konferensie s opgetree het, wens die wenners geluk met hul prestasies en nooi alle jongboere uit om die Senwes Jongboer Toekomsfokusdag, wat op 20 September vanjaar gaan plaasvind, by te woon.



  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


Eienaarskap in 'n landboukonteks - Senwes Toekomsfokus Gespreksforum 2013
43 view(s) | Senwes | 15 Mei 2013 05:41 AM

Senwes innoverend by Nampo
135 view(s) | Senwes | 08 Mei 2013 07:26 AM

Toekomsfokus gespreksforum by Nampo en op TV
325 view(s) | Senwes | 28 Februarie 2013 01:54 PM

Kyk hoe klop landbou se hart in Suid-Afrika!
263 view(s) | | 28 Februarie 2013 11:13 AM

Vrye handel sleutel tot Afrika se voedselsekerheid
279 view(s) | Piet Coetzer | 31 Desember 2012 06:34 AM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za