Article information
Author
Senwes
Source
 
Classification
Lekker lees
Views
727 
Article Tags

technology MySenwes Internet

Dateer jou webleser op vir beter werksverrigting
Senwes  | 30 Julie 2012

Die web het beduidend verander gedurende die afgelope dekade. Die webleser het intussen ook gevorder om aan te pas by die nuwe webtegnologieë en om jou rekenaar te beskerm teen virusse. Senwes wil jou graag help om op te gradeer na een van die nuutste webleser.

Waarom moet ek opgradeer?

  1. Moderne weblesers bied verbeterde spoed.
  2. “Tabbed browsing” bied die geleentheid om meer as een webtuiste op ‘n slag te gebruik, sonder om ‘n spesifieke bladsy te verlaat of om ‘n nuwe weergawe van die webleser oop te maak.
  3. Nuwe weblesers bied verbeterde privaatheid om moderne virusse teë te staan.
  4. Ou weblesers vertoon nie altyd webbladsye soos wat dit bedoel/ontwikkel is om te lyk nie.
  5. Sekere funksionaliteit word beperk/verhinder deur ou weblesers.
  6. Daar is sekere webladsye wat ou weblesers nie sal kan vertoon nie.
In kort bied moderne weblesers soos Mozilla Firefox, Google Chrome en Internet Explorer 8 en 9 jou ‘n vinniger en beter webervaring.

Watter een om te kies?

Vir die gemiddelde gebruiker bied moderne weblesers ‘n baie soortgelyke ervaring, met subtiele verskille in die koppelvlakke.

Microsoft se Internet Explorer bied ‘n uitdaging weens die feit dat daar sekere versoenbaarheidskwessies is, soos dat Internet Explorer 9 slegs saam met Microsoft se Windows 7 werk.

Mozilla Firefox en Google Chrome bied die voordeel dat dit jou outomaties in kennis sal stel, sodra ‘n nuwe weergawe beskikbaar is – daarom sal enige een van hierdie twee ‘n baie goeie keuse wees.

Waar kan ek dit kry?

Jy kan Google Chrome en Mozilla Firefox se nuutste weblesers GRATIS by die onderstaande skakels aflaai:

Chromehttp://www.google.com/intl/en/chrome/browser
Firefox: http://www.mozilla.org/en-US/firefox/new

Indien jou internetkonneksie baie stadig is en/of jy sukkel om die weblesers af te laai, kan jy ‘n e-pos na web@senwes.co.za stuur met jou naam en van, naaste Senwes bedryfspunt indien van toepassing, ‘n kontaknommer en Suid-Afrikaanse posadres. Ons sal dan vir jou ‘n CD pos met die nuutste weblesers op en instruksies rakende hoe om dit te installeer.



  



You must be a logged in MySenwes user to leave a comment.

Log in Register




  

Related Articles


Ongelooflike landboufotos om voor te stem
37 view(s) | Senwes | 15 Mei 2013 04:12 PM

Tyd beperk vir fotokompetisie
125 view(s) | Senwes | 08 Mei 2013 01:18 PM

Reukies rondom vleis
195 view(s) | Piet Coetzer | 02 April 2013 08:14 AM

Sportnutse vir almal
150 view(s) | Francois Rabe | 27 Maart 2013 12:35 PM

Stem vir jou gunstelingfoto!
245 view(s) | Senwes | 26 Maart 2013 01:57 PM



Facebook   Twitter   YouTube  



 




SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | info@senwes.co.za

Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402

Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za