Landboudienste bou saam aan jou boerdery-onderneming
Of jy nou pas weggespring het of reeds verskeie mylpale in die boerderybedryf behaal het, is Senwes Landboudienste daar om jou te help om jou boerdery-onderneming te ontwikkel en om te verseker dat jy vooruit boer. Ons help jou om jou agri-besigheid deur middel van gespesialiseerde bystand te optimaliseer deur risiko’s te beperk en uitsette te verhoog.
Visie
Om as die mees geadmireerde, geïntegreerde en professionele landboukundige ondersteuningseenheid, waarde te skep vir alle belanghebbendes.
Missie
Die lewering van gespesialiseerde landboukundige dienste, wat behoeftegerig, ondersteunend, waardetoevoegend en bekostigbaar is, aan kliënte (produsente), filiale en interne afdelings van Senwes om hul besigheid te optimaliseer deur risiko’s te beperk en wins te maksimeer.
Kernwaardes
- Om ons kilёnte se behoeftes te oortref, deur waarde toe te voeg tot die besluitnemingsprosesse in hul besighede.
- Om ‘n volhoubare, langtermyn besigheidsverhouding met alle kernrolspelers te bewerkstellig.
- Om diens van ‘n hoë gehalte met integriteit te lewer.
- Om positief by te dra tot die opbou en ontwikkeling van die totale gemeenskap.
- Om ons mense te waardeer.
Professionele diensstandaarde
- Om 'n hoë vlak-werksetiek deur middel van integriteit, vertroulikheid, respek en takt te handhaaf.
- Om objektiewe, empiries gebaseerde vakkennis en advies te verskaf.
- Om betroubare en praktiese besigheidsoplossings op ‘n spoedige wyse te ontwikkel.
- Om ‘n deeglike kennis en begrip van die kliënt se onderneming en unieke besigheidsbehoeftes te hê.
- Om ‘n deeglike en in-diepte vakkennis te hê.
Stuur 'n e-pos na jandirk.engelbrecht@senwes.co.za indien jy enige navrae met betrekking tot hierdie bladsy het.