Sosiale verantwoordelikheid

Menslike hulpbronne

Senwes se werknemers is een van die hoekstene wat die Groep in staat stel om sy doelwitte te bereik.

Aftree- en sterftevoordele is vir alle kwalifiserende werknemers beskikbaar, en die trustees om hierdie fondse te bestuur, word gelykop uit die geledere van werknemers en werkgewer aangestel. Prestasievergoedingstelsels is in plekgestel en sal selfs verder uitgebrei word om voldoende aansporing aan kwalifiserende personeel te gee.

Die Groep het voortgegaan met opleidings- en vaardigheidsontwikkelingsaksies om personeel op te lei en te ontwikkel. Hierdie programme het ten doel om personeel te bemagtig asook om voldoende vaardighede tot voordeel van die onderneming te skep.

Die Groep is daartoe verbind om gelyke geleenthede aan alle werknemers te voorsien. Ooreengekome strategieë en aksieplanne is in plek om gelyke indiensnemings te bewerkstellig en, waar toepaslik opgeleide kandidate nie beskikbaar is nie, vaardigheidsontwikkelingsprogramme vir huidige personeel te onderneem.

Gemeenskapsbetrokkenheid

Die Groep besef sy verantwoordelikheid teenoor die samelewing en lewer finansiële en ander bydraes aan organisasies en instellings in die gemeenskappe waarbinne hy sake doen. Die meeste van die Groep se bedrywe is in landelike gebiede geleë en hierdie besighede verskaf broodnodige ekonomiese aktiwiteit wat ’n bydrae lewer tot werkverskaffing en maatskaplike investering in die betrokke gebiede.

Om terug te gee aan die gemeenskap is baie belangrik vir Senwes en werknemers kan betrokke raak in verskeie Senwes sorg inisiatiewe. Hierdie betrokkenheid en belegging in die gemeenskap groei jaarliks en deur middel van verskeie vennootskappe het die groep 'n beduidende impak op die gebiede van onderwys, entrepreneurskap, werkskepping, sport, kuns en kultuur, sowel as die gesondheid en welsyn aangebring.

Senwes is baie trots op sy Spinners landelike skole krieket-ontwikkelingsprogram, wat al vir vyf jaar aan die gang is en plattelandse leerders die geleentheid bied om aan krieket bekendgestel te word. Dit is die tweede grootste program van hierdie aard in die land. Senwes finansier ook ander sportprogramme, insluitende die Senwes skole-sokkerliga in Bothaville en die landelike skole atletiek program.

Die Senwes Entrepreneurskap Ontwikkelingkompetisie moedig entrepreneurskap onder jongmense aan, terwyl die Senwes Jongboer Toekoms Fokus jong produsente bemagtig om die uitdagings van kommersiële boerdery te hanteer. As deel van die ontwikkeling program vir entrepreneurs, bestuur Senwes ook boerdery-opleiding wat produsente help om die basiese beginsels van boerdery te leer, en die beste boerderypraktyke aan te neem.

Senwes help gekose geloofwaardige NRO's en welsynsorganisasies met die fondsinsameling. Vele organisasies het al baat gevind uit ons Senwes Village From Greens to Dreams gholf-fondsinsamelingprojek en menige organisasies baat jaarliks by Senwes Credit se R1 miljoen-kompetisie. Senwes personeel kan ook uitsien na die jaarlikse Kerspartytjie wat op 400 gestremde en minderbevoorregte kinders in die Klerksdorp-omgewing gerig is.

Veiligheid, gesondheid en omgewing

Die Groep erken elke werknemer se reg om in ’n veilige en gesonde omgewing te werk en die verantwoordelikheid van ondernemings ten opsigte van bedryfsaktiwiteite se impak op die omgewing.

Risiko met betrekking tot veiligheid en gesondheid vorm ’n integrale deel van die risikobestuursprosedures en gereelde oudits word uitgevoer om prestasie in dié verband te monitor. Die invloed van bedryfsaktiwiteite op die omgewing word voortdurend geëvalueer om te verseker dat dit so omgewingsvriendelik moontlik is.

Artikels

  • Senwes help Agri-Securitas

    Okt 14, 2016
    Senwes is vanjaar trots om weereens deel van ‘n span te wees wat gesamentlik ‘n tjek van R456 000 aan Agri Securitas oorhandig het tydens die 2016 Agri SA kongres. Senwes, NWK, OFM en Afgri het die tjek saam aan Japie Grobler, Voorsitter van Agri Securitas Trustfonds oorhandig met Danie Minnaar, Voorsitter van Senwes se Direksie, wat Senwes verteenwoordig het.
    Full story
  • Soccer talent in abundance at Senwes tournament

    Des 21, 2015
    There were plenty of talent exhibited at the Senwes Interprovincial Primary School Soccer Tournament that took place on Saturday, 5 December 2015, at the Alabama Stadium in Klerksdorp.
    Full story
  • Senwes dra by tot Agri Securitas

    Nov 27, 2015
    Tydens Oktobermaand het die Agri Securitas Trustfonds ʼn welkome finansiële inspuiting ontvang. Dit was nadat Senwes, tesame met vennote OFM, NWK en Afgri, ʼn massiewe bedrag van R437 190 tot die fonds bygedra het.
    Full story
  • Senwes Kersboom plaas ʼn glimlag op amper 500 gesiggies

    Nov 05, 2015
    Die jaarlikse Senwes Kersboom projek was vanjaar weereens ‘n groot sukses onder ‘n groot aantal spesiale behoeftige kinders, volwassenes en weeskinders met 493 individue van 7 skole of instansies wat op Vrydag, 30 Oktober 2015, by Hoofkantoor in Klerksdorp verteenwoordig was.
    Full story
  • Senwes dra by tot Agri Securitas Trustfonds

    Okt 20, 2015
    Tydens die afgelope week het die Agri Securitas Trustfonds ʼn welkome finansiële inspuiting ontvang. Senwes tesame met vennote OFM, NWK en Afgri het saam ʼn allemintige bedrag van R437 190 tot die fonds bygedra.
    Full story
  • Remember your chair or blanket for Carols by Candlelight

    Nov 12, 2014
    Come sing along with Elvis Blue, Nianell, Kurt Darren, Adam, and Johrné van Huyssteen when OFM celebrates Christmas and gives back to the community at the Carols by Candlelight live concerts in November and December.
    Full story
  • From Greens to Dreams weer in 2014 terug

    Sep 13, 2013
    Die From Greens to Dreams sosiale verantwoordelikheidsveldtog het gesluit vir 2013 en sal weer in 2014 heropen word. Aansoeke is ook dan gesluit en kan weer in 2014 ingedien word vanaf 'n datum wat in die toekoms kommunikeer sal word in Senwes se publikasies en op die webblad.
    Full story
  • Senwes betrokke by die skryf van langverwagte termynkontrak-handleiding

    Aug 12, 2013
    Senwes-kundiges van Grainlink, Marketing en Landboudienste was betrokke by die skryf van ‘n handleiding wat oor termynmarkte by kommoditeite handel. Die bekendstelling van die handleiding het gedurende Februarie vanjaar tydens ‘n spoggeleentheid by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaasgevind.
    Full story
  • Doen jou deel vir landelike veiligheid

    Aug 12, 2013
    Produsente kan nou, net soos Senwes en ander landbou-organisasies, saamwerk om van Projek Suiderkruis ‘n sukses te maak en sodoende landelike veiligheid te bevorder.
    Full story
  • Senwes kyk uit vir be(hoef)tegis

    Aug 12, 2013
    Senwes Village het, as deel van die From Greens 2 Dreams-projek, die behoefte van die Highveld Horse Care Unit (HHCU) op Meyerton raakgesien en op 25 April ‘n skenking aan dié instansie gemaak. ‘n Vurkhyser, wat agter aan ‘n trekker gehaak word om met onder meer die hantering van strooibale te help, is aan die HHCU geskenk.
    Full story
  • R1 m-trekking verlig las op produsente en welsynsorganisasies

    Jul 05, 2013
    Op 6 Junie vanjaar het vyf klante van Senwes elk ‘n gedeelte van R1 miljoen, wat teen hul somerproduksiekredietrekening afgeskryf word, losgeslaan tydens dié landboubesigheid se sesde jaarlikse R1 miljoen-trekking. Senwes het ook ʼn totaal van R300 000 aan vyf welsynsorganisasies oorhandig.
    Full story
  • Klante en welsyn baat by Senwes se R1 miljoen-trekking

    Jun 12, 2013
    Senwes se jaarlikse R1 miljoen-trekking het vir groot vreugde gesorg, nie net vir die vyf klante wat elk ‘n gedeelte van R1 miljoen teen hul somerproduksiekredietrekening kon afskryf nie, maar ook die welsynsorganisasie van elke finalis se keuse, wat ‘n skenking van R60 000 elk ontvang het.
    Full story
  • HHCU-perde baat by Village-projek

    Mei 09, 2013
    Die Highveld Horse Care Unit (HHCU) op Meyerton is die grootste perdewelsynsorganisasie in die Suidelike Halfrond. Verwaarloosde of mishandelde perde word ingeneem en gerehabiliteer, waarna daar dan na nuwe tuistes vir die diere gesoek word.
    Full story
  • R127 500 se skenkings help gemeenskappe

    Mar 07, 2013
    Die geraamde waarde van skenkings deur die Senwes Village se From Greens 2 Dreams-projek van Augustus 2012 tot op hede, beloop R127 500 in kontant en goedere.
    Full story
  • Heilbron-leerder kraai koning in entrepreneurskompetisie

    Feb 05, 2013
    Hanke Swart (12) is op 15 November 2012 as laerskole-wenner van die sewende Senwes Entrepreneurskompetisie aangewys. Haar braaikuikenboerdery, Hagi Hoenders, is reeds in 2009 op die been gebring. [VIDEO]
    Full story
  • Jong entrepreneurs se innovasie beindruk

    Nov 28, 2012
    Rudo Peens, ‘n leerder aan Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein, is as hoërskole-wenner aangewys van Senwes se sewende Entrepreneurskompetisie, terwyl Hanke Swart van Heilbron, se braaikuikenboerdery haar vanjaar die titel as laerskole-wenner besorg het. Die aankondiging is gemaak tydens ‘n funksie gehou op 15 November by Vanilla Sky in Bloemfontein.
    Full story
  • Skenkings maak verskil in Vrystaat

    Nov 14, 2012
    Skenkings van meer as R22 000 van Agrinet en Bosch is aan behoeftiges in die Vrystaat gemaak. Dié skenkings vorm deel van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-projek.
    Full story
  • Senwes doen sy deel vir opvoedkunde

    Nov 14, 2012
    Dosente verbonde aan Vuselela FET-kollege kan nou, danksy die samewerking van Senwes, die geleentheid kry om deur middel van ‘n projek wat deur die ETDP-SETA befonds word, praktiese ervaring in Senwes se werkomgewing op te doen.
    Full story
  • Welsynsorganisasies baat steeds by veldtog

    Nov 05, 2012
    Vanjaar se “From Greens 2 Dreams”-veldtog werk effens anders as verlede jaar. Die veldtog, Senwes Village se sosiale verantwoordelikheidsprojek, dien as basis vir die allokering van fondse aan verskeie welsynsorganisasies. Die genoemde fondse word tydens die jaarlikse Senwes Village Verskaffersgholfdag ingesamel.
    Full story
  • Vigswesies sal nie honger gaan slaap nie

    Okt 25, 2012
    Menige kinderhart by Viljoenskroon Hospice is op 23 Oktober verbly danksy ʼn skenking van ongeveer R15 000 se voedselitems deur Agrinet met behulp van Senwes Village se From Greens 2 Dreams-fonds.
    Full story


Facebook   Twitter   YouTube  



SENWES BEPERK Registrasienommer: 1997 / 005336 / 06
1 Charel de Klerk Straat, Klerksdorp --- Posbus 31, Klerksdorp, 2570
Tel: +27 18 464-7800 | Faks: +27 18 462-4873 | Tolvry: 080 941 4011 | E-mail: info@senwes.co.za
Kredietverskaffer - Ref number: NCRCP 2402
Enige vrae of kommentaar aangaande die webtuiste
kan gerig word aan webmaster@senwes.co.za